Ugandese President verwerp gerugte dat hy dood is

Die President van Uganda, Yoweri Museveni, het op Twitter gerugte dat hy dood is verwerp. Museveni wat verlede week positief getoets het vir Covid-, sê hy is onder self-isolasie. Die 78-jarige President het Ugandese burgers aangemoedig om inentings vir Covid te kry, en waar moontlik, versterkings-dosisse. Die Wêreldgesondheids-organisasie het verlede maand aangekondig dat die pandemie nie meer as ‘n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand beskou word nie, maar gewaarsku dat die virus steeds nuwe variante kan vorm.