Ugandese LRA-leier tot 40 jaar gevonnis

‘n Voormalige bevelvoerder van Uganda se berugte Lord’s Resistance Army is 40-jaar tronk toe gestuur na ‘n geskiedkundige oorlogsmisdaadverhoor. Thomas Kwoyelo is skuldig bevind op 44 aanklagte, insluitend moord, verkragting, ontvoering en plundering. Hy het alle betrokkenheid ontken. Kwoyelo is die eerste bevelvoerder van die gevreesde rebellegroep wat deur ‘n Ugandese hof skuldig bevind is. Die weerstandsleër word beskuldig van gruweldade in Uganda en buurlande nadat dit in die laat 1980’s gestig is.