Uganda speel gasheer vir twee belangrike byeenkomste
In Januarie volgende jaar sal Uganda die 19de beraad van staats- en regeringshoofde van Nie-geallieerde Beweging aanbied, asook die derde suider beraad wat onder die raamwerk van die Groep van 77 en China georganiseer word. Tydens die geleenthede sal Uganda die beweging se voorsitterskap vir drie jaar oorneem, asook die leierskap van die G77 en China vir ‘n jaar. Uganda se minister van buitelandse sake, John Mulimba, sê albei byeenkomste sal goed wees vir die land se toerisme en beleggingsyfers.