Uganda-grondstorting: 26 dood, 39 vermis

Die dodetal van ‘n grondstorting by ‘n groot vullishoop in Uganda se hoofstad Kampala verlede week het tot 26 gestyg, terwyl 39 mense vermis word. Laat Vrydag het ‘n berg vullis by ‘n stortingsterrein aan die buitewyke van Kampala ineengestort en tientalle huise begrawe terwyl mense geslaap het. Teen Sondag het die dodetal op 21 gestaan. Die polisie sê nog liggame is sedert die naweek gevind en hulle kon die aantal mense wat vermis word skat deur onderhoude te voer met oorlewendes. Die grondverskuiwing het gevolg op stortreën wat dele van die land die afgelope paar weke getref het, wat groot oorstromings en skade veroorsaak het.