Ugab-olifante se babatjies vorder baie goed
Die Ugab-olifante se babatjies doen uiters goed. Fiori is reeds aan Carissa, ‘n jong koei in die trop, in Januarie gebore en Duchess, Carissa se ma, het haar baba so twee weke gelede gehad. Duchess se kalf is moontlik ‘n bul maar hy is taai. Hy het op sy eerste dag 40 kilometer afgelê en het sy eerste modderbad op dag ses van sy lewe gehad. Christin Winter van Elephant-Human Relations Aid, oftewel Ehra, het die jongste.