Ugab-olifante het nie gebied verlaat nie, sal ook bly tot einde van die jaar

Woestyn-olifante verlaat tradisioneel die Ugab-vallei in die reënseisoen en saai verwoesting op kommersiële plase verder oos. Die jaar was die reën maar skraps en dit is nie bekend waar die diere hulle hulle bevind nie. Die seisoen is ook in werklikheid verby. Kosmos 94.1 Nuus het met Rachel Harris, die besturende direkteur van Ehra, of te wel, Elephant Human Relations Aid gesels en sy meen die troppe het vanjaar glad nie die boere geteister nie en het nie die vallei verlaat nie.