Uefa gaan N$19 miljard in vrouesokker belê
Die Europese beheerliggaam, Uefa, het meer as 19-miljard Namibiese dollar beloof om die vrouespel die volgende ses jaar op die vasteland te ontwikkel. Die geld kom van kompetisie-inkomste en beleggings. Uefa sê dit sal gaan aan klubs, nasionale spanne, senior en jeug-kompetisies met die doel om teen 2030, 5 000 beroepspelers en ses beroepsligas te hê. Reuters berig die besturende direkteur vir vroue-sokker, Nadine Kessler, sê die vrouespel het ‘n sport vir die massas geword wat ‘n immergroeiende en uiteenlopende aanhangergroep lok.