UDM betreur put-latrines

Die United Democratic Movement sê die stadige vordering in die buurland om puttoilette wat tot sterftes lei te vervang, is kommerwekkend. Die basiese onderwys-departement het onthul meer as 3 000 skole reg oor die  land gebruik nog puttoilette. Sedert die 2011/2012-boekjaar is sowat 26 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee om puttoilette te vervang. Yongama Zigebe van die U-D-M sê die departement se finansies en werksaamhede moet ondersoek word.