UDF onbeïndruk met Garoëb se NNN-ondersteuning

Reaksie word ontvang op die koning van die Damara-gemeenskap, Justus Garoëb, ’n veteraanpolitikus en stigter van die United Democratic Front, wat geskaar het by vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah, die regerende Swapo-party se presidentskandidaat. Hy sê dat hy ‘n vroulike staatshoof in sy leeftyd wil sien, en dat dit tyd geword het dat dit gebeur. Reaksie is ontvang van Dudu Murorua, ‘n UDF-parlementslid, wat sê dat die party nie gelukkig is oor sy kommentaar nie.