UCT vra om verskoning vir bestuursmislukking

Die Universiteit van Kaapstad se raad het die onafhanklike paneel van ondersoek se verslag oor bestuursake by die instelling aanvaar. Die paneel is aangestel om bewerings te ondersoek wat insluit dat die gewese visekanselier, Mamokgethi Phakeng, en raadsvoorsitter Babalwa Ngonyama die senaat mislei het oor die vertrek van die adjunkvisekanselier van leer en onderrig, Lis Lange. Die raad se voorsitter, Norman Arendse, sê hulle erken die bestuursmislukkings van die verlede en is jammer hulle het nie vroeër opgetree nie: