Uanguta gee jongste oor Namcor-uitdagings

Namcor sukkel met sy finansiële volhoubaarheid en het ‘n tekort van 1,6 miljard Namibiese dollar in sy stroom-af operasies. Die regering het onlangs ‘n reddingsboei van 1,2 miljard dollar aan Namcor verskaf en die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta as tussentydse besturende direkteur aangestel. ‘n Omkeerstrategie is intussen saamgestel. Uanguta het vanoggend ‘n opdatering gegee.

Daar is vrae oor die skamele 10 persent aandeel wat Namcor in olie- en gaseksplorasie kry. Dit handel oor eksplorasiekostes en risiko. Op die manier het Namcor geen finansiële aanspreeklikheid sou die eksplorasie misluk nie.