Tyson vat vandag 35 jaar gelede wêreldtitel
Vandag 35 jaar gelede het ‘n 20-jarige Mike Tyson in presies vyf minute en 35 sekondes die wêreld swaargewig bokskampioen Trevor Berbick uitgeslaan en die jongste ooit swaargewig wêreldkampioen geword. Tyson het sy titel nege keer daarna verdedig tot in 1990.