Tydelike verblyf word gesoek vir brandslagoffers

Die burgemeester van Stad Johannesburg, Kabelo Gwamanda, koördineer tydelike verblyf vir die slagoffers van die tragiese brand in die sakekern. ‘n Brand in ‘n gebou op die hoek van Commissioner- en Nuggetstraat het twee mense se dood veroorsaak en nog vier is beseer. Meer as 100 mense wat in plakkershutte in die gebou woon, is dakloos gelaat. ‘n Verdagte wat vermoedelik die brand gestig het, is in hegtenis geneem. Gwamanda sê die stad is hard aan die werk om diegene wat geraak word te hervestig en noodskuilings te verskaf.