Twis oor ontslape Ovaherero-opperhoof se grafsteenonthulling

Die familie van die ontslape Ovaherero-opperhoof, Vekuii Rukoro, het die waarnemende tradisionele opperhoof Vipuira Kapuuo en 16 ander gewaarsku om weg te bly van hul reëlings rakende die grafsteen-onthulling van die ontslape opperhoof. Sy weduwee Dinah Rukoro, het die Kapuuo-faksie in ‘n brief ingelig dat hulle besluit het om aan die betwiste opperhoof Mutjinde Katjiua die mag en verantwoordelikheid te gee om Rukoro se grafsteen-onthulling te beplan en te organiseer.