Tweya en kie vergader oor uraan-ontginning
Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne sal Vrydag op Leonardville vergader in verband met uraanontginning in die Stampriet-bekken. Die komitee word deur Tjekero Tweya gelei en sal met die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of te wel Sauma, gehou word. Sauma is sterk gekant teen die ontginning van uraan in die gebied as gevolg van moontlike waterbesoedeling wat UraniumOne, die Russiese uraan-reus wat die ontginning wil doen, ten sterktste ontken. Kosmos 94.1 nuus het met Divan Opperman, Sauma se voorsitter oor die vergadering gesels.