Tweede warmste Maart op rekord, wêreldwyd

Die aarde het sy tweede warmste Maart op rekord ervaar met Antarktiese see-ys wat tot sy tweede laagste vlak gekrimp het. Volgens die EU se klimaatmoniteringsagentskap Copernicus Climate Change Service, was die temperature bo-gemiddeld oor Suid- en Sentraal-Europa en ondergemiddeld oor die grootste deel van Noord-Europa. Warmer toestande het oor ‘n groot deel van Noord-Afrika, suidwestelike Rusland, Asië, noordoostelike Noord-Amerika, Suid-Amerika, insluitend droogtegeteisterde Argentinië, Australië en die kuslyn van Antarktika, voorgekom. Copernicus sê die omvang van Antarktiese see-ys was die tweede laagste vir Maart in die 45 jaar wat rekords gehou word, ongeveer 28 persent onder die gemiddelde.