Tweede rondloper tier: SA wil aanhoudingswette hersien

Die Suid-Afrikaanse omgewingsministerie werk saam met provinsiale en plaaslike regerings om wette oor die aanhou van wilde diere, soos tiere, as troeteldiere in woongebiede, op te skerp. Dit volg nadat nog ʼn tier Maandag in Edenvale, Gauteng, rondgeloop het. Die tier is verdoof en na ʼn reservaat geneem alhoewel daar baie vrae is oor presies waar die jong wyfie haarself bevind omdat die Edenvale DBV sê hy kan geen inligting in die verband bekom nie. Slegs weke tevore is nog ʼn tier, Sheba, van kant gemaak nadat dit uit die eienaar se eiendom ontsnap het. Die adjunkdirekteur van Biodiversiteit en Bewaring, Flora Mokgohloa, sê inwoners behoort nie gevaarlike diere as troeteldiere by hulle huise aan te hou nie: