Tweede man wat varkhart ontvang, sterf

Die tweede man in wie ‘n vark se hart oorgeplant is, het gehoop die mediese span sou uit die ervaring leer sodat ander daarby sou baat. Die 58-jarige Lawrence Faucette is dood, ses weke nadat die eksperimentele prosedure by die mediese sentrum van die Universiteit van Maryland in Amerika uitgevoer is. Hy het besluit om die operasie te ondergaan omdat hy hartversaking gehad het en nie vir ‘n tradisionele hartoorplanting in aanmerking gekom het nie. David Bennett het verlede jaar twee maande oorleef nadat hy die eerste persoon geword het wat ‘n geneties-aangepaste varkhart ontvang het.