Tweede fase van plaaslike inhoud by MultiChoice
MultiChoice Namibia het die tweede fase van sy plaaslike inhoud-projek, Ombura, bekend gestel – wat “reën” of “‘n nuwe jaar” in Otjiherero beteken. Volgens MultiChoice Namibia se besturende direkteur, Roger Gertze, is Ombura nie net ‘n weer-gebeurtenis nie; dit is ‘n transformerende siklus, en ‘n simbool van vernuwing en groei. Ombura sal agt projekte insluit, naamlik ses vollengte films, ‘n dokumentêre reeks en ‘n leefstyl reeks, wat elk ‘n unieke en outentieke perspektief van Namibië, sy kultuur, sy mense en lewenswyse ten toon sal stel. Gertze brei verder uit.