Twee Zambiërs vas vir gru-aanval op LGBTQ-lid op Walvis

Twee Zambiese vragmotorbestuurders sal Maandag in die laerhof op Walvisbaai verskyn op klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Plaaslike media berig dat die twee ‘n lid van die Walvisbaaise LGBTQ-gemeenskap aangerand het. Volgens die berigte het die insident voorgekom terwyl die groep gekuier het. Die polisie sê die slagoffer, wat half naak in die duine gelos is, is ernstig beseer en is oorgeplaas na Windhoek vir dringende mediese behandeling. Berigte lui dat kondome ook op die toneel gevind is en dat die stryery gehandel het oor die geslag van die slagoffer. Intussen sal Bartholomeus Shindimba, ‘n polisiebeampte op die dorp, ook Maandag in die hof verskyn. Hy is gevind in besit van die selfoon van die vermoorde Vernon  Gavin. Hy het blykbaar die selfoon by die verdagtes gekoop. Hy is vry op borg van 1 000 Namibiese dollar.