Twee verskyn weer vir moord, lykskending van transvrou in hoofstad

Namwandi Nandomba, 19, en Mervin Beukes, 18, sal weer vandag in die laerhof in Katutura verskyn op klagte van onder andere moord en dwarsboming van die gereg. Dit kom na die liggaam van die 30-jarige transvrou Christoph Frederick op 2 Mei in Otjomuise naby die Chairman Mao Zedong-skool gevind is. Sy liggaam was geskend en daar was 32 steekwonde. Lede van die LGBT-gemeenskap sê dit was die sesde moord van ‘n lid van hulle gemeenskap sedert die privaatlid-wetsontwerpe van Jerry Ekandjo.