Twee vermeende vroulike verkragters terug in die hof

Die twee vroue wat van die verkragting van ‘n geestelik gestremde man aangekla word, verskyn weer vandag na hulle vroeg in Junie borg in die Oshakati-landdroshof geweier is. Anatolia Petrus, 29, en Ruaha Pinhas, 33 het blykbaar die 22-jarige herhaaldelik sedert die begin van die jaar verkrag deur hom na hul huis toe te lok. Die slagoffer se 58-jarige tannie het die saak by die polisie aangemeld. Die saak is tot vandag toe uitgestel om die polisie tyd te gun om sy ondersoek te voltooi.