Twee vermeende kinderverkragters verskyn vandag in hof

Twee mans verskyn vandag in Namibiese howe nadat hulle na bewering minderjariges verkrag het. Op Karibib sal ‘n 22-jarige Namibiese man in die hof verskyn nadat hy glo by verskillende geleenthede drie minderjarige meisies tussen sewe en agt jaar oud na sy blyplek gelok het. ‘n Angolese man sal vandag in die Tsumeb-landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n agt-jarige Angolese meisie in ‘n nedersetting in die Oshikoto-streek verkrag het. In ‘n ander voorval is ‘n 13-jarige meisie van die Shighuru-nedersetting in Kavango-Oos swanger nadat sy glo in Desember verkrag is. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek duur voort.