Twee verdagtes van Swakopmund-rooftog vas

Die polisie in die Erongo-streek het twee van die vier verdagtes van vanoggend se transito-rooftog by Swakopmund se Woermann en Brock in Mondesa in hegtenis geneem. Die streek se kommissaris vir gemeenskapspolisiëring, inspekteur Ileni Shapumba, het gesê die twee verdagtes is op Walvisbaai vasgetrek en van die gesteelde geld is teruggevind. Altesaam 147 560 Namibiese dollar is gesteel en net 37 370 Namibiese dollar is teruggevind. Volgens Shapumba is die derde verdagte nog voortvlugtig in ‘n silwer Toyota Corolla Dankie Botswana met die registrasiemerk N 20615 S, vermoedelik na die Noorde of Khomas-streek. Die vierde verdagte is ernstig tydens die rooftog gewond, maar het nog nie by mediese fasiliteite om hulp aangeklop nie.