Twee verdagtes in Freitag-moord, een is steeds soek
Twee verdagtes, die een ‘n onteerde voormalige prokureur en sy jarelange vriend, is aangekla in verband met die moord van die voormalige wêreldkampioen hoogspringer, Jacques Freitag. Sy liggaam met skietwonde is op die eerste van vandeesmaand naby ‘n begraafplaas in Pretoria aangetref nadat hy twee weke tevore van sy ma se huis in Bronkhorstspruit verdwyn het. Citizen berig die twee verdagtes het verdwyn nadat hulle ondervra is. Die man is vroeër die week in Mpumalanga aangekeer maar die vrou is nog op vrye voet.