Twee vas vir dwelms op Okakarara

Dwelmhandel in Namibië bereik kommerwekkende vlakke maar, die Namibiese polisie behaal wel suksesse. Volgens die mag is daar twee Namibiese mans, 32 en 33 jaar oud op Okakarara vasgetrek in besit van 111 000 Namibiese dollar in Mandrax en dagga. Die beslaglegging het deel gevorm van ‘n polisie operasie waar motors en meer deurgesoek is. Die twee sal vandag in die hof op die dorp verskyn.