Twee vas vir Angolese brandstof

Twee mense, 24 en 41 jaar oud, is by die Ondjondjo-nedersetting op die Okatana-Onhuno-hoofweg in die Oshana-streek in hegtenis geneem nadat hulle in besit van onwettige brandstof gevind is. Hoofinspekteur Thomas Aiyambo van die streekspolisie sê die verdagtes is by ‘n mobiele polisiepadblokkade aangekeer. Daar is 62 brandstofhouers vol met 25 liter petrol elk gevind. Die waarde is nog nie bepaal nie en die ondersoek duur voort.