Twee vas oor Bester se ontsnapping

Twee mense wat in hegtenis geneem is in verband met die Facebook-verkragter en -moordenaar Thabo Bester se ontsnapping, sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Die twee verdagtes is ‘n voormalige werknemer van die sekuriteitsfirma en ‘n 65-jarige man, wat verwant is aan Bester se vriendin, dokter Nandipha Magudumana. Bester en Magudumana is in Tanzanië in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê hulle sluit nie die moontlikheid van nog arrestasies uit nie: