Twee vas na hulle Stonehenge oranje spuit

Die Britse polisie het twee mense aangekeer nadat omgewingsaktiviste ‘n oranje stof op Stonehenge gespuit het, die alombekende prehistoriese Unesco Wêreld Erfenisgebied in Suidwes-Engeland. Die Just Stop Oil-protesgroep sê twee van sy aktiviste het Stonehenge met ‘n oranje poeier versier om te eis dat die volgende Britse regering hom daartoe verbind om fossielbrandstowwe teen 2030 uit te faseer. Die groep het op sosiale media aangevoer oranje mieliemeel is gebruik en beweer dit sal met reën afwas.