Twee vas met lewende ietermagô
Die handel in wildprodukte duur voort. Die Namibiese polisie sê twee Namibiese mans, 36 en 44 jaar oud, is Sondagnamiddag by die Kakoro-nedersetting in Kavango Wes met ‘n lewende ietermagô gevang. Die ondersoek duur voort en daar is nie ‘n aanduiding wanneer die twee in die hof sal verskyn nie. Intussen is ‘n 31-jarige man naby Opuwo vasgetrek met vlakvark tande en skilpaddoppe. Hy kon geen verduideliking daarvoor gee nie en die goedere is op meer as 4 000 Namibiese dollar beraam.