Twee van Gobabis-sewe verskyn weer vandag op stropery-klagtes

Twee van die sewe verdagtes wat vas is verband met die stroop van ‘n witrenosterbul naby Gobabis op 4 Mei, is tans besig om te verskyn in die landdroshof op die dorp. Die twee is na die eerste vyf gearresteer. Dit is die geval waar ‘n regeringsvoertuig met ‘n GRN-nommerplaat betrokke was. NamPol sê die voertuig en sy bestuurder is in Gobabis opgespoor. Drie is in Havana, Windhoek gearresteer waar hulle petrol ingegooi het. Twee vars renosterhorings is by hulle gekry. Die verdagtes is Michael Koshondatile, 39, Barnabas Muzanime, 35, Victory Henghono, 31, Imanuel Nangwasha, 34, en Petrus Nghifindaka 31, en hulle saak is tot 13 Augustus in Windhoek uitgestel. Hulle sal ook aangekla word in Gobabis.