Twee-uur kragonderbreking in Okahandja

Cenored het weer ‘n kragonderbreking in Okahandja aangekondig, hierdie een Sondag tussen ses-uur en agt-uur namiddag. ‘n Nuwe koppeling word bygevoeg by ‘n substasie. Die kragverspreider is tans besig met opknappingswerk ter voorbereiding van die reënseisoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder, gepraat, wat luisteraars herinner aan die kragonderbreking wat Sondag plaasvind.