Twee transito-rooftogte, een in Windhoek, een in Swakopmund, op dieselfde tyd

Daar is twee transito-rooftogte aangemeld. In die eerste geval is ‘n transito-wa by Platz Am Meer op Swakopmund beroof. Volgens wat berig word het die voertuig kontant opgetel. ‘n Skietgeveg het uitgebreek en ‘n sekuriteitswag is doodgeskiet met ‘n ander een beseer. Dit is nie bekend hoeveel rowers daar was nie maar hulle het in ‘n silwer sewe-sitplek voertuig gevlug. Hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie het meer.

En in Windhoek, by die Shoprite-kompleks in Katutura is nog ‘n transito-roof aangemeld maar inligting is nog skraps. Dit is nie bekend hoeveel geld gesteel is nie maar skote is afgevuur. Daar is geen beserings in die hoofstad aangemeld nie. Dit blyk om ‘n beplande roof in albei dorpe te wees. Dieselfde firma is geteiken.