Twee toerisme-eiendomme kan met lootjie-trekking gewen word

‘n Bekende in Namibiese toerismekringe, Basil Smit, die eienaar van Amani Lodge en BurgsView Boutique Hotel in Windhoek, het Namibië se eerste multi-miljoen aanlyn eiendomslootjie-trekking en geaffilieerde bemarkingsprogram bekend gestel. Die totale prysgeld van die twee eiendomme word op ‘n minimum van 29 miljoen Namibiese dollar gewaardeer. Amani Lodge aan die oostelike buitewyke van die hoofstad Namibië is 19 miljoen dollar werd en BurgsView Hotel het ‘n asemrowende uitsig op die middestad. Mediakonsultant Gert Jacobie, deel meer oor die program met Kosmos 94.1 Nuus…