Twee tiener leeumannetjies as probleemdiere verklaar, oop vir jag

Die omgewingsministerie het ‘n advertensie uitgesit vir professionele jagters in ‘n dringende saak oor twee probleemleeus in die omgewing net wes van Khaudum Nasionale Park. Volgens die Namibië Professionele Jagvereniging blyk die leeus tiener mannetjies te wees en beide trofeë is uitvoerbaar. Belangstellendes wat kan help om hierdie situasie doeltreffend te bestuur, word versoek om aanbiedinge aan die ministerie te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder…

Muyunda voeg by dit is belangrik om inkomste te genereer om mens-wild konflik en bewaring te bestuur.