Twee Swapo strydrosse baklei in die hof

Die politieke ontleder en Swapo-veteraan dr. Charles Mubita dagvaar mede-partylid Reinhold Shipwikineni vir skadevergoeding vir wat hy as laster beskryf. Luisteraars sal Shipwikineni onthou as die partylid wat tans in die hof baklei dat die party ‘n kongres hou om ‘n president te verkies. In die saak, wat verdedig word, voer Mubita aan dat Shipwikineni op ‘n Swapo WhatsApp-groep uitlatings oor hom gemaak het wat hom verneder. Hy sê daar word beweer dat hy as toiletpapier deur die party gebruik word en dat hy nie die party se grondwet nakom nie. Bepalings word nog gemaak in die punte van die saak en dit word deur regter Hosea Angula aangehoor.