Twee skoolseuns vas vir verkragting, roof van man, 52
Twee seuns, 19 en 14 sal na verwagting vandag indie Ondangwa-landdroshof verskyn na ‘n saak van verkragting en roof teen hulle oopgemaak is. Die mag sê die twee het na bewering ‘n 52-jarige man by Oneputa-nedersetting aangerand, beroof en verkrag nadat hulle hom by ‘n winkel gekry het en agtervolg het. Die twee seuns, wat onderskeidelik in graad 8 en 7 is, het daarin geslaag om 70 Namibiese dollar by die man, wat erg geslaan is, te steel voor hulle hom verkrag het.