Twee seuns, 11 & 15, verskyn vir herhaaldelike verkragting van meisie, 6

Die Namibiese polisie sê ‘n meisie van ses is deur twee seuns, 11 en 15 jaar oud, naby Ondobe in die Ohangwena-streek herhaaldelik verkrag. Daar word beweer dat die verdagtes in twee afsonderlike voorvalle die meisie gekry het waar sy van die skool af huis toe gestap het en haar daar in die bosse gedwing het. Die verdagtes en hul voogde is gewaarsku om vanoggend in die hof te verskyn.