Twee sake van veediefstal die naweek aangemeld
Twee gevalle van veediefstal is oor die naweek deur die Namibiese polisie bevestig. Vyf koeie is by Hochfeld gesteel en geslag. Die polisie sê die waarde beloop 75 000 Namibiese dollar. Die karkasse is weggery en nie die diere nog die vleis is teruggevind nie en die ondersoek duur voort. Op Gochas is ‘n 30-jarige Namibiese man vas na hy vier skaap gesteel en geslag het. Die waarde beloop rondom 8 000 dollar. Drie koppe, ‘n halwe karkas en binnegoed is gevind.