Twee SA soldate sterf in DRK mortieraanval

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gister ‘n dodelike mortieraanval op hul basis in Sake, Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, bevestig. Die aanval het twee sterftes en twintig beserings tot gevolg gehad. Vier soldate is kritiek beseer en in die hospitaal opgeneem, terwyl dié met geringe beserings binnekort ontslaan sal word. Weermagwoordvoerder Siphiwe Dlamini sê die families van die oorledenes is ingelig en prosedures om hulle oorskot huis toe te bring is reeds aan die gang.