Twee SA atlete in 100 meter-finaal by die Onder 20-kampioenskap
Atletiek: Die Suid-Afrikaners, Bradley Nkoana en Bayanda Walaza, is deur na die mans se 100 meter-finaal by Wêreldatletiek se Onder 20-kampioenskap in Lima, Peru. Puripol Bonsoon van Thailand het Nkoana in hulle semi-finaal met ʼn duisendste van ʼn sekonde geklop. Walaza het herstel nadat hy vroeg in die wedloop gestruikel het en die derde semi-finaal met 10,33 sekondes gewen nadat hy die Brit, Teddy Wilson, geklop het. Nkoana en Walaza was albei deel van die aflosspan wat vroeër die maand silwer gewen het by die Olimpiese Spele in Parys.