Twee Rooi Kruis-lede in Mali vrygelaat

Twee werknemers van die Internasionale Rooi Kruis wat in Mali ontvoer is, is vrygelaat. Die organisasie het in ‘n verklaring gesê die twee is onvoorwaardelik vrygelaat en is ongedeerd. Hulle is op 4 Maart tussen Gao en Kidal in die noorde van Mali ontvoer. Die streek gaan die afgelope dekade gebuk onder aanvalle deur djihadiste-insypelaars wat bande het met die Islamitiese Staat groep.