Twee reuse-eksoplanete vasgevang op teleskoop

Hierdie beeld is vasgevang deur die SPHERE-instrument op die European Southern Observatory’s se Very Large Telescope en dit wys die ster TYC 8998-760-1 wat vergesel word deur twee reuse-eksoplanete, TYC 8998-760-1b en TYC 8998-760-1c. Dit is die eerste keer dat sterrekundiges meer as een planeet direk waarneem wat om ‘n ster soortgelyk aan die son wentel. Die twee planete is sigbaar as twee helder kolletjies in die middel (TYC 8998-760-1b) en regs onder (TYC 8998-760-1c) van die raam, wat deur pyle gemerk word. Ander helder kolletjies, wat agtergrond sterre is, is ook sigbaar in die beeld. Deur verskillende beelde op verskillende tye te neem, kon die span die planete van die agtergrond sterre onderskei.

Fotos verskaf: ESO/Bohn et al