Twee reisigers sterf by twee SA lughawens

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het die sterftes bekendgemaak van twee reisigers, onderskeidelik by die OR Tambo- en King Shaka-internasionale lughawens. Die woordvoerder Ernest Mulibana sê ‘n reisiger het gister by die vyfde parkeervlak by OR Tambo afgeval, terwyl die ander een inmekaargestort het in King Shaka se binnelandse aankomstesaal. Beide is op die toneel dood verklaar. Mulibana sê die tragedies word ondersoek.