Twee RA-hoofde ondersoek vir tender

Plaaslike media berig dat Richard Milinga en Sidney Boois van die Paaie-owerheid ondersoek is op klagte dat hulle die koste van ‘n vervoertender valslik verhoog het. Die owerheid se uitvoerende hoof Conrad Lutombi het die ondersoek bevestig. Die tender, 16 miljoen Namibiese dollar werd, is verlede jaar uitgereik en was vir voertuie vir die owerheid se padveiligheid-eenheid. Van die pryse was tot 400 000 dollar vir een voertuig opgestoot. Lutombi het aankope geblok. Die ondersoek na die twee is blykbaar voltooi en hulle sal nou dissiplinêr verhoor word.