Twee Palestynse aanvalle op burgerlikes in Israel

‘n Italiaanse toeris is dood en vyf ander toeriste beseer in ‘n motoraanval in Tel Aviv. ’n Israeliese veiligheidsbron het die aanvaller, wat met sy motor in die skare ingejaag het, geïdentifiseer as ’n Israeliese Arabier. ‘n Polisiebeampte wat na aan die toneel was het die bestuurder van die voertuig doodgeskiet. Die aanval kom etlike ure na nog ‘n aanval op twee Israeliese vroue. ‘n Palestyn het op die vrouens se motor geskiet. Die twee susters is dood en hul moeder is in ‘n kritieke toestand. Spanning loop reeds ‘n geruime tyd hoog in die gebied met premier Benjamin Netanyahu se verregse regering se aksies, sowel as aanvalle op Gaza en in die Suide van Libanon wat sake vererger. Die herdenking van die einde van Ramadaan sowel as Paasnaweek het ook tot geweld gelei in die Al Aqsa-moskee wat deur die twee gelowe as heilig geag word.