Twee Oshakati-vroue vas vir verkragting

Twee vroulike verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn na hulle op Oshakati in hegtenis geneem is vir die beweerde verkragting van ‘n 22-jarige man. Volgens Nampol is twee vroue, 29 en 33 jaar oud, aangekla van die verkragting van ‘n 22-jarige verstandelik gestremde man by die Omeege-nedersetting. Daar word vermoed dat die vroue die slagoffer herhaaldelik verkrag het deur hom elke keer na hul huis te lok. Die datums van die beweerde oortredings is nie bekend nie. Die klagte is deur die slagoffer se 58-jarige tannie gemaak.