Twee onwettige Zim-burgers vas vir N$88 000 se sigarette, dagga

Die Erongo-polisie sê daar is beslag gelê op 655 gram dagga en 4 108 pakkies onwettige sigarette in Tutaleni op Walvisbaai. Die waarde van die vonds is net meer as 88 000 Namibiese dollar. ‘n Intelligensie gedrewe operasie het na die beslaglegging gelei en twee Zimbabwiese burgers, 24 en 26 jaar oud, is agter tralies. Die twee het geen wettige dokumentasie om in die land te wees nie. ‘n Dwelmhandelaar, 25 jaar oud, is ook op Kuisebmond vas na 9 350 dollar se skunk-dagga in 96 pakkies by hom gevind is.