Twee Oekraïnse eenhede sê hulle weet niks van Routh af nie

Twee eenhede in Oekraïne, die Internasionale Legioen vir die Verdediging van Oekraïne en die Azov-brigade, het bewerings ontken dat Donald Trump se vermeende sluipmoordenaar een van hulle lede is. Die 58-jarige Ryan Wesley Routh, is Sondag in hegtenis geneem is terwyl hy op die vlug geslaan het van ‘n baan in Florida waar die Republikeinse presidensiële kandidaat golf gespeel het. Hy het glo vegters probeer werf vir Oekraïne. Agente van die Geheimediens het op Routh losgebrand voor hulle hom aangekeer het vir die beweerde teikening van die voormalige president.