Twee Namibiërs vas vir Phala Phala, derde steeds soek
Na meer as drie jaar, het twee Namibiërs Imanuwela David en Floriana Joseph in die Bela Bela-landdroshof verskyn op klagtes van die Februarie 2020 rooftog by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas. Hulle sal weer Vrydag verskyn vir ‘n formele borgaansoek. Joseph was blykbaar die werker op die plaas wat verwant is aan David en hom van die kontant wat in die rusbank versteek was ingelig het. Die opname van David, waar hy oor die roof praat, is in Julie verlede jaar deur Media24 gepubliseer.